Die Oesbeke (Oesbekiese enkelvoud: Oʻzbek, Ўзбек, اوزبیک; meervoud: Oʻzbeklar, Ўзбеклар) vorm die grootste Turkseetniese groep in Sentraal-Asië en die tweede grootste naas die Turke. Hulle vorm die titulêre nasie van Oesbekistan, waar hulle sowat 80% van dié land se bevolking uitmaak, en praat Oesbekies, 'n Turkse taal, as moedertaal.
Etniese kaart van Sentraal-AsiëOu Oesbekse in Oesbekistan'n Oesbek in tradisionele klere, 1840's
Wêreldwyd leef omtrent 30 miljoen Oesbeke, waarvan sowat 24 miljoen in Oesbekistan, 2,8 miljoen in Afghanistan, 1,2 miljoen in Tadjikistan en byna 1 miljoen in Kirgisië. In die Volksrepubliek China behoort die Oesbeke tot een van die 56 amptelik erkende etniese groepe ("nasionaliteite"). Hulle leef veral in die Wes-Chinese outonome gewes van Xinjiang saam met ander verwante etniese groepe soos Oeigoere, Kasakke en Kirgisiërs.
↑(en) "Chapter 1: Religious Affiliation". The World’s Muslims: Unity and Diversity. Pew Research Center's Religion & Public Life Project. 9 Augustus 2012.